Hamas val Israel aan in ongekende infiltrasie

Die Palestynse Islamitiese beweging Hamas het vanoggend die grootste aanval op Israel in jare geloods, in ‘n verrassingsaanval met gewapende mans wat die grens oorgesteek het terwyl ‘n menigte ​​vuurpyle vanaf die Gazastrook afgevuur is. Terwyl waarskuwingssirenes oor suidelike en sentraal-Israel klink, en ook in Jerusalem, sê Israel se weermag dit is op ‘n oorlogsbasis. Sosiale media-beelde wys motors wat brand en sommige geboue wat beskadig is. Die Israeliese ambulansdiens berig een vrou is dood en minstens 15 ander is sover gewond. Slimfoon-materiaal wys ook hoe Hamas-vegters probeer om Israel met klein bote te bereik, en in ‘n hoogs ongewone ontwikkeling het dit gelyk of ‘n aantal vegters die grens met valskermsweeftuie oorgesteek het, en die dorp Sderot bereik het waar geweergevegte gehoor is. Die voorval is ‘n ongekende infiltrasie deur Hamas-vegters in Israel vanaf Gasa, en is die ernstigste eskalasie sedert Israel en Hamas ‘n 10-dae-oorlog in 2021 geveg het.