Streng sigaret-reëls kom in Brittanje
Die Britse premier, Rishi Sunak, stel voor jonger geslagte moet verbied word om ooit sigarette te kan koop, ‘n stap wat aan Brittanje van die wêreld se strengste regulasies teen rook sal gee. Volgens sy voorstel sal kinders wat vandag as te jonk beskou word om te rook, vir altyd verhinder word om sigarette te koop, terwyl vandag se volwassenes die vryheid sal hê om te bly rook. Sunak sê die ouderdom om te mag rook moet elke jaar met een jaar verhoog word, wat beteken ‘n jonger geslag sal sonder rook grootword, wat die land se gesondheid sal verbeter.