Polisie ondersoek aborsie-saak, 4-maande oue fetus in vulstasie badkamer gevind

Die Namibiese polisie sê ‘n saak van onwettige aborsie is op Ongwediva hangende gemaak. ‘n Vier-maande-oue fetus is by die dames badkamer by ‘n vulstasie in ‘n asdrom gevind. Die fetus was in toiletpapier toegedraai en is gevind as gevolg van die reuk. Die polisie doen ‘n beroep op lede van die publiek om na vore te kom met inligting. Volgens die mag is daar groot kommer omdat onwettige aborsies ‘n algemene neiging word en hy maak staat op die publiek om die tipe misdaad aan te meld. Daar is sommige menings wat sê dat weerlose jongmeisies nie vervolg moet word nie omdat hulle in die meeste gevalle geen ander opsie het nie.