NamPol skyn lig op arrestasie van beweerde kripto-sindikaat
Die Namibiese polisie het vanmiddag die media toespreek oor die vermeende sindikaat waarop daar hierdie week toegeslaan is. Talle Namibiërs, drie Chinese en ander buitelanders is in die luukse voorstede van Klein Windhoek en Auasblick in hegtenis geneem. Hulle word blykbaar daarvan verdink dat hulle deel vorm van ‘n sindikaat wat Amerikaners en Europeërs geteiken het om kriptobates te bekom. NamPol adjunk-inspekteur-generaal Elias Mutota is aan die woord.