Landbou-ministerie waarsku teen besetting van plaseOctober 6, 2023

Die landbou-ministerie sê hy word oorval met berigte van onwettige grondtoekennings, verkope en besettings van sekere plase in die noorde, wat geleë is aan die Tsumeb-Katwiti pad sowat 62 kilometer noord van Tsumeb. Die betrokke plase is hervestigingsplase wat gekoop is vir die doel van hervestiging en is nie in ‘n kommunale gebied nie. Kosmos 94.1 Nuus het by die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko, meer uitgevind.