Jon Fosse vat Nobelprys vir literatuur

Die Noorweegse skrywer, Jon Fosse, is die wenner van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Die Nobelkomitee sê die 64-jarige Fosse is vereer vir sy innoverende toneelstukke en prosa, wat ‘n stem gee aan die onsêbare. Sy werke sluit in die Septology-reeks romans, Aliss at the Fire, Melancholy, en A Shining. Die wenner van die gesogte Nobelprys vir Vrede sal later vandag bekend gemaak word, ná die aankondiging van die pryswenners vir Fisika, Chemie en Fisiologie of Geneeskunde. Die finale Nobelprys, vir Ekonomiese Wetenskappe, word Maandag toegeken.