Foster is trots op sy span
Die All Blacks is weer op koers na ‘n rekord vierde Wêreldbekertitel nadat hulle vir die kwarteindronde gekwalifiseer het deur Uruguay in Lyon 73-0 af te ransel. Nieu-Seeland het baie swak afgeskop toe hy in die openingswedstryd teen die gasheerland, Frankryk, verloor het. Oorwinnings oor Italië, Namibië en Uruguay het hulle egter tydelik die eerste plek in Groep A besorg, hangende die uitslag van vanaand se wedstryd tussen Frankryk en Italië. Die hoofafrigter, Ian Foster, is verheug oor die manier waarop die Kiwi’s hulle veldtog omgekeer het: