Wêreld-onderwysersdag: Vaardighede onder die loep
Dit is vandag Wêreld-onderwysersdag. ‘n Onderwyser speel ‘n uiters belangrike rol in ‘n kind se prestasie en kan somtyds, ‘n kind ‘n vak laat slaag of druip. Plaaslik is daar uitdagings met vaardighede onder onderwysers, veral in landelike gebiede en onderwysers sukkel ook met ‘n tekort aan infrastruktuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp oor die herdenking van die dag gesels.