Weerstand teen sensus is as gevolg van ongelykheid
Die groeiende weerstand onder individue om deel te neem aan die bevolkingsensus wat deur die Namibië Statistiekagentskap uitgevoer word, kan ‘n teken wees van sosiale onenigheid en ‘n gebrek aan eenheid. Dit is volgens Renaani Musutua van die Basic Income Grant Coalition, wat byvoeg dat sommige van die sosio-ekonomiese uitdagings wat Namibiërs in die gesig staar, soos armoede en werkloosheid, ook ‘n faktor kan wees wat mense ontmoedig om aan die sensus deel te neem. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.