VSA gee Iranse wapens, wat hy afgevat het, aan Oekraïne

Die Amerikaanse weermag het nagenoeg 1,1 miljoen geweerpatrone, wat hulle by Iran afgeneem het, na Oekraïne gestuur . Die Amerikaanse Sentrale Bevel sê hulle het die patrone in Desember op ‘n staatlose skip gevind wat na Jemen onderweg was, waarna hulle dit vandeesweek na Oekraïne oorgeplaas het. Internasionale media sê, Amerika glo die ammunisie het aan ‘n tak van Iran se gewapende magte behoort. Iran het na bewering die Houthi-rebelle in die burgeroorlog in Jemen ondersteun, maar die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het die oordrag van die wapens na die rebelle reeds in 2015 verbied.