So lyk Namibiese groenteproduksie vir Oktober
Die Namibiese Akkerbouraad het die nuwe grenssluitings vir Oktober aangekondig. Namibië produseer genoeg beet, kool, Engelse komkommer, uie, kersie-tamaties, sowel as ronde tamaties en dus is die grens gesluit vir die invoere. Los tamaties word tot 15 Oktober toegelaat. Die grens is oop vir gekleurde soetrissies, skorsies, pampoen, patats, waatlemoen, spanspek, soetmielies en spinasie. Pro-rata invoere word op botterskorsies, wortels, groen soetrissies, aartappels, konfyt-tamaties en iceberg-blaarslaai toegelaat.