SA wil ongewone gedrag onder leerders bestudeer

Die Departement van Basiese Onderwys in Suid-Afrika het opdrag gegee vir ‘n navorsingsprojek om die kommerwekkende toename in ongewone gedrag onder leerders te ondersoek. Die departement se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê leerders in verskeie provinsies, insluitend KwaZulu-Natal, die Oos- en die Wes-Kaap, sowel as Gauteng, openbaar skadelike gedrag, insluitend ineenstortings en om aan deure in die klaskamer te stamp. Hy sê die voorvalle lyk soos bonatuurlike oornames, wat onderrig en leerwerk ontwrig: