Reën bring verligting in droogte geteisterde Oos-Kaap

Die Departement van Water en Sanitasie in die buurland sê die onlangse reënval het groot verligting gebring van die langdurige droogte wat die Algoabaai-gebied in die Oos-Kaap ondervind het. Die reën het damvlakke tot so ‘n mate laat herstel dat die Kougadam selfs die eerste keer sedert 2015 oorgeloop het. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê wateropvangs is strategies noodsaaklik vir die westelike dele van die Nelson Mandelabaai-metro, die Kouga plaaslike munisipaliteit en die landbousektor in die Gamtoosvallei: