Olieprys daal, ekonomiese syfers vertoon swak

Oliepryse het vanoggend effe gestyg van rondom 84 Amerikaanse dollar na net bo 86 dollar ‘n vat na Opul en sy vennote produksie besnoeiings in plek gehou het vir Oktober, maar dit het weer teruggesak na rondom 85 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die kommoditeit het met meer as 7 persent in die afgelope sewe dae gedaal as gevolg van ‘n swakker makro-ekonomiese vooruitsig regoor die wêreld. China het groot ekonomiese uitdagings en alle voorspellings dui ook ‘n inkrimping in die eurosone vir die derde kwartaal aan. In die VSA is daar ‘n skerp daling na die vraag van brandstof met die einde van die land se somervakansie.