Meer oor die talle invoere in Augustus, reuse-handelstekort aangeteken

Die handelstekort van 4,9 miljard Namibiese dollar, die hoogste in ‘n jaar, is vandag deur die Namibiese Statistieke-agentskap aangekondig. Die syfer, vir Augustus vanjaar dui aan dat uitvoere gedaal het en invoere gestyg het. Suid-Afrika is steeds die grootste handelsvennoot, die keer vir beide uitvoere en invoere. Die woordvoerder van die agentskap Ipumbu Sakaria het meer besonderhede oor presies wat gedurende die maand ingevoer is.