Grootste handelstekort in ‘n jaar – N$4,9 miljard

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die handelsyfers vir Augustus bekend gemaak. Die handelstekort staan tans op 4,9 miljard Namibiese dollar teenoor 3,7 miljard wat in die Julie aangeteken is en is die grootste tekort wat in ‘n jaar aangeteken is. Suid-Afrika was die grootste handelsvennoot, vir beide invoere en uitvoere. Heruitvoere het met 35,7 persent teenoor Julie toegeneem maar, het op ‘n jaargrondslag met 21,7 persent gedaal. Heruitvoere bestaan uit diamante, kope en petroleum-olies. Namibië se dominante uitvoere is onveranderd en beslaan steeds diamante, nie-monetêre goud, koper en vis.