Geen nuwe voërlgriep gevalle in Wes-Kaap nie
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou doen ‘n dringende beroep op pluimveeboere om pro-aktief te wees en te verhoed dat voëlgriep na die provinsie versprei. Dit volg ná die jongste aanmeldings van die siekte in Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Limpopo. Die Wes-Kaap het die afgelope drie maande geen verdere uitbrekings van die siekte in die pluimveebedryf ondervind nie. ‘n Veearts van die departement, Laura Roberts, sê vyf van die uitbrekings wat tussen April en Junie voorgekom het, is verby: