Cholera-uitbreking herleef in Zimbabwe
‘n Herlewing in die cholera-uitbreking in Zimbabwe het daartoe gelei dat die regering sommige byeenkomste beperk het sowel as die voorbereiding van kos by begrafnisse in brandpuntgebiede. Sedert Februarie vanjaar is 4 500 gevalle aangeteken, wat byna 100 sterftes tot gevolg gehad het. Die jongste reeks uitbrekings is die week vir die eerste keer in vyf voorstede van Harare aangeteken. Harare is vir dae lank sonder lopende water en daar is vrese dat die siekte vinnig kan versprei in die stad wat ‘n bevolking van byna twee miljoen mense het. Die regering het gesê deel van die rede agter die cholera-uitbreking in Harare was die besoedeling van die stad se hoofwaterbronne, die Chivero-meer en die Manyame-dam.