AfriForum Jeug wil weet oor sekuriteit op kampusse
AfriForum Jeug het ‘n aansoek onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting by verskeie universiteite in die buurland ingedien in ‘n poging om kampusveiligheid te verseker. Hulle wil vasstel of die kampusveiligheid se primêre mandaat is om eiendom of studente te beskerm. Die aansoek versoek verder die kontrakbesonderhede van sekerheids-ondernemings en prestasie-aanwysers. René van der Vyver van die organisasie, sê onlangse voorvalle, soos die apatiese houding tydens kampusversteurings en die versuim om studente tydens konfrontasies te beskerm, het hierdie skuif aangespoor.