Wat nou met die e-tolstelsel, vra DA

Die DA in Gauteng sê die provinsie se inwoners wag steeds met opgehoue asem vir ‘n behoorlike oplossing vir die e-tolstelsel. Premier Panyaza Lesufi het byna ‘n jaar gelede aangekondig die stelsel is iets van die verlede en is geskrap. Fred Nel van die DA sê egter toe die party onlangs vrae in die wetgewer ter tafel gelê het, is onthul dat daar slegs ‘n bestuurskomitee saamgestel is en daar nie ‘n finansiële model ingestel is vir Gauteng om sy deel van die skuld te delg nie: