Tshwane is arrogant om afgedankte werkers se poste te vul
Die leier van Transformation Alliance, Abel Tau, sê die Stad Tshwane se besluit om vakatures te vul wat deur afgedankte werkers gelaat word, is ondeurdag, arrogant en uitlokkend. Die stadsbestuurder, Johann Mettler, het die groephoof vir Streekbedrywighede en -koördinasie opdrag gegee om voort te gaan en die poste te vul waar werknemers afgedank is weens deelname aan die onwettige staking. Tau doen ‘n beroep op die stad om die stap te heroorweeg en waarsku dat dit die stad verder in chaos kan dompel: