Swapo-parlementariërs kelder sanitêre doekies-wetsontwerpOctober 4, 2023
Swapo-parlementariërs het Woensdag ‘n private lede wetsontwerp teengestaan wat deur die leier van die Populêre Demokratiese Beweging, McHenry Venaani, voorgelê is. Die wetsontwerp het ten doel om die gratis verspreiding van sanitêre produkte aan minderbevoorregte skoolmeisies te implementeer. Dit is wyd bekend dat duisende skoolmeisies gedwing word om vir ‘n paar dae tuis te bly omdat hulle nie die doekies kan bekostig nie. Neëntien lede het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 30 daarteen.