‘Politieke agendas’ lei tot fopnuus oor Geingob, apartheid en die volksmoord
In ‘n verklaring wat voorkom soos propaganda, sê die Presidensie hy wil ‘n veldtog van verkeerde inligting en disinformasie weerlê. President Hage Geingob het volgens die verklaring nie in New York gesê dat apartheid erger as die volksmoord was nie – hy het net gesê apartheid was ook erg, net so erg. Die verklaring, geskryf deur woordvoerder Alfredo Hengari, maak melding van politieke agendas en noem die PDM die DTA en herinner lesers dat die DTA apartheid ondersteun het. Geingob se kommentaar het wyd reaksie plaaslik uitgelok, nie net van die PDM nie. Hengari gee ook vir Geingob persoonlik krediet vir die bevrydingstryd en die val van apartheid in Namibië.