Optog teen plaasmoorde in Brits wek kommer
Die polisie in Noordwes is bekommerd oor ‘n strooibiljet wat op sosiale media versprei is, getiteld Optog teen Plaasmoorde, wat vir Dinsdag in Brits beplan word. Die voorsitter van die Prioriteitskomitee vir Landelike Veiligheid, Patrick Asaneng, verduidelik die provinsie het gevestigde strukture wat in ooreenstem met die nasionale landelike veiligheidstrategie om doeltreffende beskerming vir landelike gemeenskappe te verseker. Die woordvoerder van die polisie, Sabata Mokgwabone, kritiseer die optog se organiseerder, wat nie met bestaande plaasbeveiligingspogings geaffilieer is nie, vir misleidende aansprake: