Mnangagwa se omstrede wette sal weer aandag kry

Zimbabwe se president, Emmerson Mnangagwa, sal poog om die omstrede Wetsontwerp op die Private Vrywillige Organisasie – wat beskou word as ‘n poging om die onafhanklike burgerlike samelewing in die wiele te ry – in die eerste sitting van die nuwe termyn deur te voer. Die wet, saam met die Wysigingswetsontwerp op Myne en Minerale, die op Openbare Finansiële Bestuur, sowel as Mediese Dienste en die Versekeringswetsontwerp is uitstaande vanaf die negende Parlement wat voor die land se algemene verkiesing in Augustus ontbind is. Die PVO-wetsontwerp het die president se lessenaar gehaal, maar het nou verval en keer terug na ‘n Parlement, waar Zanu-PF nie meer ‘n volstrekte tweederdemeerderheid het nie.