Mecki gesels oor Savanna, opknapping van Brukkaros
Savanna Beef Processors se jaarvergadering wat in Augustus gehou is, is as ‘n groot sukses beskryf. Terugvoer is gegee oor die vordering wat tot dusver met beleggings gemaak is, asook die beplande bou van ‘n nuwe abattoir. Die maatskappy beplan tans om die land se waardeketting te stabiliseer deur ‘n bykomende 50 000 speenkalwers vir plaaslike produksie en slag te behou. Kosmos 94.1 Nuus het met Mecki Schneider, die beesvleis waardeketting forum se voorsitter, gepraat oor die pad vorentoe vir Savanna.
Daar is groot entoesiasme oor die nuwe verwikkelinge en Schneider sê die finansiering van Brukkaros Meat Processors in Keetmanshoop se opgradering is ook in ‘n gevorderde stadium.