Karas onderwysdirektoraat kry groot skenking

Die Namibia Fish Consumption Promotion Trust het Woensdag meubels, eetgerei en skryfbehoeftes aan die Kharas onderwysdirektoraat oorhandig. Die fondse wat gebruik is om 650 lessenaars en 700 stoele, eetgerei en skryfbehoeftes te koop is ingesamel by ‘n galadinee wat in 2021 in Walvisbaai gehou is, waar sowat 508 700 Namibiese dollar ingesamel is. Met die ontvangs van die skenking het Kharas-streek se adjunkdirekteur van onderwys, kuns en kultuur, Jesmine Magerman, gesê die meubels sal ‘n gemaklike en bevorderlike leeromgewing bied, wat noodsaaklik is vir die akademiese sukses en welstand van leerders.