Hof-aansoek oor volksmoord verklaring uitgestel

‘n Aansoek wat deur die LPM-leier Bernadus Swartbooi en tradisionele leiers gebring is rakende die gesamentlike verklaring van Namibië en Duitsland oor die volksmoord op Ovaherero en Nama burgers, is Woensdag in die Hoërhof aangehoor. Swartbooi beweer onder meer dat die wyse waarop die verklaring in die Nasionale Vergadering aanvaar is, strydig is met die Namibiese grondwet. Die respondente sluit in die speaker van die Nasionale Vergadering en die president. Regter Claudia Claasen het die saak uitgestel tot 8 November vir status op bykomende ontdekking.