Hoekom het dit 50 jaar gevat om Kudu te ontwikkel?
Dit is volgende jaar 50 jaar sedert die Kudu-gasveld ontdek is en terwyl die regering verstaan hoe belangrik onafhanklikheid van kragvoorsiening vir enige land is, was daar geen ontwikkeling van die reuse-bron nie. BW Kudu Limited het die week ‘n uitnodiging aan ingenieurs en konsultante gerig om die eerste sogenaamde ‘Front End Engineering-ontwikkelingsplan’ teen 15 Oktober in te dien. Die FEED-plan, soos dit in die industrie bekendstaan, dien vir voor-projekbeplanning, vatbaarheidstudies en meer. Die oud-NamPower hoof, dr. Leake Hangala verduidelik die vertraging in die gasveld se ontwikkeling.
Hangala sê Kudu Gas sal nou ‘n sukses kan wees