Gebruik van voorbehoedmiddels neem af

Die Stad Kaapstad sê daar was jaar-tot-jaar ‘n afname in die gebruik van voorbehoedmiddels in die metro. Hoewel daar ook minder geboortes was, moedig die departement steeds die gebruik van voorbehoedmiddels aan om onbeplande swangerskappe te voorkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die verskillende voorbehoud-opsies hou verskillende voordele en risiko’s in.