Chaos heers in NV oor PDM mosie

Chaos het weer Woensdag in die Nasionale Vergadering uitgebars wat op ‘n reses uitgeloop het. Die leier van die amptelike opposisieparty PDM, McHenry Venaani, het ‘n aansoek om verlof ingedien om ‘n wetsontwerp voor te lê om die formele erkenning van die Baster Tradisionele Owerheid binne Namibië te reguleer. Die wetsontwerp beoog ook om die vestiging van tradisionele owerhede in stedelike gebiede te fasiliteer, mits hierdie gebiede die historiese oorsprong van die onderskeie gemeenskappe verteenwoordig. Dit is deur Swapo-parlementslede teengestaan. Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila gee redes waarom.