Cane voer weer All Blacks weer aan

Sam Cane sal môre terugkeer as die All Blacks se kaptein in hul laaste Wêreldbeker-Groep A-wedstryd teen Uruguay, wanneer ‘n bonuspunt-oorwinning Nieu-Seeland ‘n plek in die uitkloprondes sal besorg. Die afrigter, Ian Foster, het nege veranderings aan die beginspan gemaak, wat Italië verlede naweek met 96-17 verslaan het. Gereelde beginners soos Ardie Savea, Aaron Smith en Rieko Ioane kry ‘n ruskans voor die kwarteindronde. Die slot, Sam Whitelock, sal saam met Tupou Vaa’i in die tweede ry, sy 150ste toetsverskyning in die opdrafspan maak.