Bavuma sluit hom aan by ProteasOctober 4, 2023

Krieket: Die kaptein van die Proteas, Temba Bavuma, het weer by sy spanmaats in Indië aangesluit, voor Saterdag se openingswedstryd teen Sri Lanka. Bavuma het die Suid-Afrikaanse groep verlede week weens onbekende gesinsredes verlaat terwyl sy span hulle voorbereidings met twee opwarmingswedstryde afgehandel het. Die eerste – verlede Vrydag teen Afghanistan – het uitgereën, terwyl die Proteas in die tweede opwarmingswedstryd Maandag met sewe lopies teen Nieu-Seeland verloor het. Die Krieket Wêreldbeker begin môre.