Amushelelo se vrou wil optog vir sy vrylating hou

Michael Amushelelo se vrou Julieta wil volgens plaaslike media ‘n optog op 11 Oktober reël om haar man se vrylating te eis. Amushelelo se volgehoue aanhouding, sedert sy arrestasie op 21 Maart na ‘n mislukte protesoptog teen jeugwerkloosheid bly in die nuus. Die datum is bepaal volgens Amushelelo se verhoor in die verband wat daardie dag in die landdroshof voorkom. Amushelelo is ook blykbaar op ‘n hongerstaking sedert Sondag alhoewel die Korrektiewe Diens dit ontken. Sy grootste uitdaging is die derde oortreding van borgvoorwaardes in twee soortgelyke sake, een aan die kus en een in die hoofstad. Hy het wye ondersteuning onder die algemene publiek maar, soek steeds fondse om sy regskostes, ook in sy hoërhof-geldwasserysaak, te dek. Daar is Norman Tjombe aangestel nadat Sisa Namandje onttrek het.