20 dood na bus naby Venesië van brug af stort
Meer as 20 mense is dood nadat ‘n bus van ‘n brug naby Venesië in Italië gestort het. Die voertuig het deur ‘n versperring gebars en naby ‘n spoorlyn te lande gekom. Die bus is glo gehuur om toeriste van Venesië na ‘n nabygeleë kampeerplek te neem. Vyf burgers van Oekraïne is onder die slagoffers. Daar word berig die bus is glo met metaangas aangedryf en het aan die brand geslaan toe dit op kraglyne geval het. Minstens 18 mense is beseer en die dodetal kan nog styg.