Stad Windhoek beplan verdere elektrifisering

Die Stad Windhoek munisipale raad het ‘n plan goedgekeur om sowat 4 000 huishoudings in informele nedersettings oor die volgende vyf jaar te elektrifiseer. Die raad sê die vyfjaar-elektrifiseringsplan beoog om uit te brei op die vorige plan wat van 2017 tot 2022 gestrek het. Sedert 2017 is 3 515 diensverbindings voltooi in Otjomuise, Havana, Goreangab, One Nation, Okahandja Park, Ongulumbashe, Babilon en Kilimandjaro. Die voorgestelde elektrifikasie sal beperk word tot afgebakende erwe binne die informele nedersettings, wat geïdentifiseer sal word in oorleg met die menslike nedersettings-departement.