Nog steeds geen grond vir informele nedersetting

Vasberade inwoners van die Okahandja informele nedersetting beplan ‘n vreedsame betoging in die dorp aan die einde van die week. Die groep sê hulle het geveg dat grond aan hulle toegeken word maar daar het niks van gekom nie, en belowe om voort te veg totdat hul oproepe beantwoord word. Groepleier, Sydney Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat hulle betoog om die petisies wat hulle verlede jaar aan die raad gegee het terug te kry, sodat hulle dit aan president Hage Geingob kan oorhandig.