Namibië werk hard om gryslys vry te spring

Namibië is verlede jaar gemaan dat hy sy wette teen onder meer geldwassery en die finansiering van terrorisme moet versterk, of hy loop gevaar om op ‘n globale gryslys te beland. Dit sal ‘n negatiewe impak hê op die finansiële stelsel, en onder meer buitelandse beleggings en kapitaalvloei beïnvloed. Die land moet in Oktober ‘n verslag hieroor by die wêreldliggaam, die finansiële aksie taakspan indien. Kosmos 94.1 Nuus het by Ebson Uanguta, die adjunk-goewerneur van die Bank van Namibië, kers opgesteek oor of Namibië genoeg gedoen het om die gryslys vry te spring.

Uanguta meld dat nuwe wette wat gepromulgeer is nou toegepas moet word, maar aanduidings is dat Namibië goed gevaar het.