Minister verduidelik oor August 26

Die verdedigings-minister, Frans Kapofi, is vandag tydens die Nasionale Vergadering uitgevra oor die pad vorentoe met August 26, die kommersiële vertakking van die Namibiese weermag. Dit kom nadat ‘n dissiplinêre verhoor bevind het dat die geskorste logistieke besturende direkteur van August 26, Salatiel Ntinda, en die maatskappy se finansiële bestuurder, Karel Nel, skuldig is daaraan dat hulle 2,5 miljoen Namibiese dollar se belastingbetalersfondse sonder magtiging aan ‘n private entiteit betaal het. Kapofi sê daar word gekyk na maniere om hierdie tipe gedrag in die toekoms te keer.