Kom handig julle planne en ontwerpe in!

Innoveerders en kreatiewes kry nou die geleentheid om hul projekte en idees aan potensiële beleggers voor te lê, by ‘n tegnologie-innovasie bazaar wat in November deur MTC in die hoofstad aangebied word. Die bazaar kan deure oopmaak vir befondsing en ondersteuning om hul innovasies tot uitvoering te bring. Die geleentheid, wat gehou word onder die tema ‘Digitale inklusiwiteit deur innovasie’, sal baanbreker tegnologieë, prototipes en innoverende oplossings uitstal met die potensiaal om verskeie nywerhede te revolusioneer. Nawa Likando, MTC se hoof van digitale transformasie en innovasie, moedig belangstellendes aan om hul idees teen 13 Oktober in te dien.