Gordhan dra skuld vir Transnet-krisis

Die DA het die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, die skuld gegee vir die krisis by Transnet. Die party hou hom verantwoordelik vir die mislukking van die voormalige uitvoerende hoof, Portia Derby, se uitvoerende span, aangesien hy hulle aanstelling in 2020 goedgekeur het. Die party eis verder die bedanking van Transnet Spoorvrag se uitvoerende hoof, Siza Mzimela, en eis Gordhan moet sy kantoor ontruim. Die DA-lid, Ghaleb Cachalia, sê Mzimela weier om uit te tree ondanks die ineenstorting van Transnet se vragvermoë tydens haar ampstermyn: