Geingob se uitgerekte New York-besoek is vermorsing van geld

President Hage Geingob het uiteindelik terug in die land aangekom na ‘n twee-weke reis na Frankryk en toe New York, waar hy die 78ste sessie van die VN se Algemene Vergadering bygewoon het. Dit het egter reeds op 22 September tot ‘n einde gekom en die president het eers op 30 September teruggekeer. Die werklike waarde van Geingob se uitgerekte besoeke oorsee met groot afvaardigings word telkens bevraagteken. Professor Andre Duvenhage, bekende politieke ontleder het teenoor Kosmos 94.1 Nuus gereageer hierop en sê sulke reise, ook deur Suid-Afrikaanse politici, is ‘n misbruik van staatsfinansies.