Erongo is opgewonde oor groenwaterstof-hervulstasie

Bouwerk aan Afrika se eerste openbare groenwaterstof-hervulstasie in Walvisbaai het verlede week begin en dit sal teen middel 2024 ten volle in werking wees. ‘n Waterstofakademie sal ook gestig word om plaaslike individue oor waterstoftegnologie op te voed. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, gesels wat sy opgewondenheid oor die voordele van die projek deel.