Dronkbestuur neem toe in die Kaap

Die Stad Kaapstad se Openbare Nood-kommunikasie-sentrum het ‘n kommerwekkende tendens opgemerk, met statistiek wat aan die einde van die maand in die metro gestyg het. Die sentrum het meer as 2 000 voorvalle aangemeld, met ‘n merkbare toename in motorvoertuigongelukke en inhegtenisnemings weens dronkbestuur. Daar is oor die naweek 113 ongelukke aangemeld, sowel as 317 klagtes oor geraas en 277 aanrandings. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, moedig motoriste en inwoners aan om dit te oorweeg om verantwoordelike besluitneming uit te oefen voor hulle toelaat dat alkohol hul optrede beïnvloed: