Dosyne rivierdolfyne vrek weens hitte, droogte
Die karkasse van 120 rivierdolfyne is drywend in ‘n sytak van die Amasonerivier in Brasilië gevind, in omstandighede wat kenners vermoed deur erge droogte en hitte veroorsaak is. Duisende visse het ook gevrek. Die Amasone-rivierdolfyn het dikwels ʼn baie treffende pienk kleur en is ‘n unieke varswaterspesie wat net in die riviere van Suid-Amerika voorkom. Dit is een van net ‘n handvol varswater-dolfynspesies wat in die wêreld oor is.