Twee wetenskaplikes kry Nobelprys vir hul Covid-19 entstof
Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde is toegeken aan twee wetenskaplikes wat die tegnologie ontwikkel het wat gelei het tot die mRNA Covid-19-entstof. Katalin Kariko en Drew Weissman sal die prys deel. Die tegnologie was voor die pandemie in die ontwikkelingstadium, maar is nou aan miljoene mense regoor die wêreld gegee. Dieselfde mRNA-tegnologie word tans nagevors vir ander siektes en selfs ook teen kanker.