Soektog na oorbel lei tot Viking-graf

‘n Gesin in Noorweë wat ‘n verlore goue oorring in hulle tuin gesoek het, het besluit om ‘n metaalverklikker te gebruik. Hulle het toe op ‘n artefakte afgekom wat meer as ‘n duisend jaar oud is. Die Aasvik-familie het ‘n bakvormige gespe en nog ‘n item wat lyk asof dit deel van ‘n graf in die Viking-era was, opgespoor. Kenners meen die artefakte is gebruik toe ‘n vrou in die negende eeu op die klein eiland van Jomfruland, aan die Noorweegse suidkus begrawe is.