SAOG vergader oor openbare rekeninge in eThekwiniOctober 2, 2023
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Openbare Rekeninge-komitees van Parlemente hou die week sy 15de jaarlikse konferensie in eThekwini, KwaZulu-Natal. Die voorsitter van die komitees, Warren Mwambazi, sê individuele openbare rekeninge-komitees hou toesig oor die finansiële bestuur en aanspreeklikheid in regerings van die SAOG-ledestate. Hy sê die konferensie is uniek want dit word gehou terwyl die organisasie sy 20ste bestaansjaar vier: