SA-voorvlugtige daag 20 jaar later op Hosea Kutako op
Die Namibiese polisie sê hy het Saterdag ‘n 58-jarige Suid-Afrikaanse burger by aankoms by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe gearresteer. Die man het van Angola ingevlieg. Sy paspoort het aangedui dat hy op ‘n rooi kennisgewing van Interpol deur Suid-Afrikaanse owerhede gesoek word in verband met bedrog. Hy is blykbaar in Augustus 2003 in George in die Wes-Kaap skuldig bevind op 210 klagte van bedrog en het 6 jaar gevangenisstraf ontvang waarvoor hy nooit aangemeld het nie. Hy sal vandag in die hof verskyn terwyl amptenare wag op instruksies van Suid-Afrika.