Proteas beperk Nieu-Seeland tot 321 lopies
Krieket: Die Proteas speel teen Nieu-Seeland in hul laaste opwarmingswedstryd voor die aanvang van die Wêreldbeker-eendagtoernooi. Die Kiwi’s het gekies om eerste te kolf en het 321 vir ses in 50 boulbeurte aangeteken, met ‘n vyftigtal vir Devon Conway en Top Latham, terwyl Lungi Ngidi en Marco Jansen drie paaltjies elk laat kantel het. Suid-Afrika begin sy Wêreldbeker-veldtog Saterdag teen Sri Lanka in Delhi.